Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 59 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Asaf verklaar God se grootheid. Hy het Israel van hulle vyande gered. Asaf onthou die Here se dade en vra God om weer genadig te wees teenoor Israel.

Wat beteken dit?

Asaf het tot God gebid in goeie en slegte tye en Hom geprys vir sy dade en karakter. In Psalm 76 vier Asaf God se grootheid nadat die vyand se weermag verslaan is. Dit was heel moontlik die oorwinning oor die Assiriërs toe nie 'n enkele Israeliet 'n swaard hoef op te geneem het nie (2 Kronieke 32:16-23). In Psalm 77 voel Asaf dat die Here hulle totaal en al vergeet het. Tydens 'n slapelose nag het hy sy gedagtes op God se vorige redding gerig. Hy het sy gedagtes van die huidige dilemma af geneem en op die grootheid van God gekonsentreer, wat vir hom vertroosting gebring het. Sy omstandighede het verander, maar nie sy God nie.

Hoe behoort ek te reageer?

Vandag se psalms reflekteer die realiteit van die lewe — almal ervaar hoogtepunte en laagtepunte. Die lewe sal soos 'n tuimeltrein voel as jou uitkyk aan jou emosies gekoppel is. Wanneer alles om jou in 'n warboel is, bly Jesus die onveranderende, onbewegende anker vir jou siel. Ervaar jy tans goeie tye en kalm dae? Bid dan en prys die Here. Gaan jy deur donker tye en slapelose nagte? Bid dan en laat toe dat God se teenwoordigheid en vorige voorsiening jou hart en gedagtes kalmeer. Hy het voorheen vir jou voorsien en Hy kan dit weer doen. Prys die Here!

Dag 58Dag 60

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org