Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Asaf beklemtoon die belangrikheid om die volgende geslag oor die Here te leer.
Wat beteken dit?
Dit is 'n psalm met 'n opdrag. Die psalmdigter se opdrag was om uit die verlede te leer en ander te onderrig. Elke geslag was verantwoordelik om hulle kinders te leer oor wat hulle oor die Here geleer het. Kinders wat geleer was om God se handewerk in die wêreld te herken, het geleer om sy krag te vertrou. Kinders wat in sy wet onderrig was, was meer geneig om sy opdragte na te kom. Indien hierdie waarhede nie van jongsaf by kinders ingeprent was nie, sou hulle hul sondige natuur volg en vergeet wat God gedoen het en weier om Hom te gehoorsaam. Om hierdie punt te staaf, het Asaf die Israeliete se lang geskiedenis van rebellie teen die Here in herinnering geroep.
Hoe behoort ek te reageer?
Ons as ouers wys van jongsaf vir ons kinders hoe om hulle tande te borsel, sê dat hulle hul groente moet eet, skryf hulle in vir 'n verskeidenheid klasse en ry hulle aan na 'n klomp atletiekbyeenkomste toe. Van alles wat ouers vir hulle kinders kan doen, is niks so belangrik as om hulle die waarheid omtrent God te leer nie. Dis belangrik om hulle na 'n kerk te neem wat in die Bybel glo. Daardie waarhede moet egter gerugsteun word deur praktiese lering in die alledaagse lewe en jou voorbeeld van hoe om die Here te vertrou en gehoorsaam te wees aan sy Woord. Wat het jou kinders en kleinkinders oor die Here geleer deur jou dop te hou en na jou te luister? Wees vandag bewus van oomblikke waar lering kan plaasvind. Vertel vir hulle hoe God in die verlede vir jou gesin gesorg het. Wys vir hulle wat die Bybel oor hulle kwessies by die skool en met vriende te sê het en bid dan saam met hulle oor hierdie dinge. As jy nie jou geloof in hulle harte inprent nie, sal die wêreld dit doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More