Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 63 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

God sal as Regter oor die aarde optree. Asaf vra vir die Here om nie stil te bly of niks te doen nie, maar om Homself as die Allerhoogste te bewys.

Wat beteken dit?

Hierdie psalms dui op twee dreigement aan God se mense – een van binne hulle geledere en een van buite. Die regters wat oor Israel regspraak lewer, het die armes onderdruk in plaas daarvan om reg te laat geskied. Dit het die fondamente van die Joodse samelewing van binne-af geskud. Psalm 83 praat van 'n groot gevaar buite hulle geledere – nasies span saam om die naam van Israel van die aarde af te verwyder. Albei dreigement was vir die psalmdigter 'n groot bekommernis en hy het in groot besonderhede teen elke dreigement gebid en daarop gewys dat God 'n unieke vermoë het om hulle te red. Net Hy kan volmaakte geregtigheid toedien en regverdig oor die wêreld regeer. Albei psalms sien uiteindelik uit na die dag wanneer Christus as Regter en Koning sal terugkeer.

Hoe behoort ek te reageer?

Die wêreld waarin ons lewe hou gereeld dreigement in. Misdadigers steel ons identiteit, korrupte leiers ontsê ons van geregtigheid en terroriste beroof ons van gemoedsrus. Dit kan moeilik wees om met hoop na die toekoms te kyk as jou sekuriteit op enigiets of enigiemand anders as op Christus gebaseer is. Net Jesus – die regverdige Regter en Koning – kan vir jou gemoedsrus gee vir elke dag. Hoe dikwels lê jy jou persoonlike bekommernisse voor die Here in gebed? Dit verg tyd om vir spesifieke behoeftes te bid, maar God gee om vir elke besonderheid wat jou belas. Wat moet jy vandag voor die Here bring wat tans jou gemoedsrus bedreig?

Dag 62Dag 64

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org