Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 68 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Omdat God ewig is, is 'n duisend jaar vir Hom soos 'n dag. Moses wou 'n verstandige lewe ly en God se liefde ervaar vir solank hy gelewe het.

Wat beteken dit?

Die vierde boek van Psalms begin met Psalm 90, liedere oor die dae wat Israel in die woestyn rondgeswerf het het. As gevolg van hulle rebellie, het God geweier dat enigeen oor die ouderdom van 20 jaar die beloofde land binnegaan (Numeri 13 en 14). Al hulle sonde was blootgelê voor die Here. Hulle het vir 40 jaar van die een plek na die ander getrek en gesien hoe elke volwassene uiteindelik gesterf het. Moses wou God se perspektief hê oor hoe om sy oorblywende tyd op aarde te leef. Selfs dae in die woestyn, op trek, kon bevredigende en vreugdevolle dae bring as God se liefde en deernis daarmee gepaard gegaan het.

Hoe behoort ek te reageer?

Die lewe is kort en baie dae is gevul met uitdagings, moeilikhede en hartseer. Ten spyte daarvan kan jy 'n vervullende lewe ly as jy elke dag God se ewige perspektief in gedagte hou. Hy sien jou lewe van die begin tot die einde en weet hoe die legkaartstukke van jou lewe inmekaar pas om sy doelwitte te bereik. Niks wat jy sê of doen is verborge vir Hom nie — as jy sy Woord lees, leer jy hoe om verstandig en goed te lewe sodat jy Hom elke dag tevrede kan stel. Soos jy leer om God te vertrou, sal jy blywende bevrediging in sy liefde vind, ten spyte van wat elke dag mag inhou. Ongeag hoe lank jy lewe, word jou jare een dag op 'n slag afgemerk. Sal jy vandag verstandig en goed lewe?

Dag 67Dag 69

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org