Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 73 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

God se mense prys die koning van Sion vir sy heiligheid, reg en geregtigheid. Hy is 'n vergewende God wat die gebede van sy berouvolle mense verhoor.

Wat beteken dit?

Vanaf Psalm 95 tot 99 word die Here as koning gevier. Al sluit hierdie kroningspsalms die duisendjarige heerskappy van Christus in, verkondig hulle ook dat Hy tans oor alles regeer. Beide die gesidder en gejuig voor sy troon word uitgebeeld. Mense wat 'n innige verhouding met Hom het, sal Hom verhoog en aanbid omdat hulle sy Woord ken en gehoorsaam. As die heilige, regverdige God, dissiplineer Hy met geregtigheid en is genadig teenoor hulle wat sy Naam aanroep. Die klem op die heiligheid van die Here dra die boodskap oor dat sy mense ook heilig behoort te wees.

Hoe behoort ek te reageer?

Hoe kan 'n heilige God sondige mense verdra? Selfs gelowiges vind dit moeilik om die absolute heiligheid van God te begryp. Wanneer jy sy Woord lees en bestudeer, neem kennis van sy standaarde vir jou houding en gedrag as sy volgeling. Watter verandering moet jy in jou lewe aanbring om jou heilige Here te eer en te verhoog? Wanneer jy vandag bid, vier Jesus as die koning van die hele aarde deur Hom te prys vir sy heiligheid, geregtigheid en genade. Dank Hom dat Hy jou sondes vergewe en jou gebede verhoor.

Dag 72Dag 74

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org