Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 77 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die skrywer prys God dat Hy die aarde in wysheid geskep het; hy belowe dan om tot eer van die Here te sing so lank hy lewe.

Wat beteken dit?

Psalm 104 is nog 'n loflied aan God vir sy merkwaardige skepping en sy oppermag oor die aarde. Net die Here God is magtig en wys genoeg om die aarde perfek te vorm. Die God wat die heelal geskep het, het gekies om party van sy geheime aan sy spesiale skepping – die mens – bekend te maak, met wie Hy 'n persoonlike verhouding wil hê. Hy voorsien alles wat mense nodig het om in sy skepping te leef – water, kos en materiale vir klere en skuiling. Die mensdom se reaksie behoort niks anders as aanbidding van die Skepper en Heerser van die aarde te wees nie.

Hoe behoort ek te reageer?

Die skoonheid van die natuur kan 'n oombliklike gevoel van ontsag bring – byvoorbeeld as jy 'n reënboog, sonsondergang of waterval aanskou. Daar is geen beter tyd om die Here te prys as in sulke oomblikke nie. Ontsag vir God en onderdanigheid aan sy gesag kan in die lewe van 'n persoon waargeneem word wat waarlik glo dat God die Skepper van alle dinge en die Heerser oor alle dinge is. Eer jy God as jou Skepper? Hoe wys jou lewe dat Hy jou Here en koning is? Jou lewe sal 'n daad van aanbidding wees as jy elke dag begin in erkenning van wie God is.

Dag 76Dag 78

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org