Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die mense van Israel het God se werke vergeet en afgode aanbid, die beloofde land verag, in hulle tente gekla en hulle kinders geoffer, maar God was getrou.
Wat beteken dit?
Die ontrouheid van Israel wat in Psalm 106 beskryf word, is in skrille kontras met die getrouheid van God wat in Psalm 105 beskryf word. Hulle het vergeet, maar God het onthou! Die Skotse prediker George Morrison het as volg geskryf: “Die Here het die Israeliete in een nag uit Egipte geneem, maar dit het Hom 40 jaar geneem om Egipte uit die Israeliete te neem." God se mense was eerder 'n prooi van die goddelose kultuur as om 'n goddelike lewe te lei wat hulle heilige Here eer. Pinehas is die enigste ligstraal in hierdie donker verhaal – hy het God geglo, in die bresse getree en is as regverdig gereken. Alhoewel Israel nie op God vertrou of Hom gehoorsaam het nie, het Hy getrou gebly aan sy ewige verbond en hulle verlos toe hulle na Hom uitroep.
Hoe behoort ek te reageer?
Watter dade en houdings in hierdie psalm beskryf jou lewe – afguns, gemor, ongehoorsaamheid, rebellie? Ons kan uit die foute van die Israeliete leer sodat ons nie 'n prooi van die goddelose kultuur om ons word nie. Die apostel Paulus verskaf 'n lys van die sonde van sy voorvaders, as 'n waarskuwing om nie dieselfde patroon van sonde te volg nie (1 Korintiërs 10:1-13). Hoe was God hierdie week goed vir jou, ondanks jou sondige gedagtes en houdings? Sy getrouheid behoort jou te inspireer om dankbaar en onderdanig aan sy wil te wees. Hoe kan jou lewe 'n voorbeeld wees sodat ander aangemoedig word om God te vertrou en te gehoorsaam?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More