Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter prys die Here vir sy groot dade, geregtigheid, ontferming en verlossing. Diegene wat vreugde vind in sy bevele, vind blywende geregtigheid.
Wat beteken dit?
Psalm 111 prys God se werke, wonderdade en wysheid, terwyl Psalm 112 die houding en dade beskryf van hulle wie erken wie Hy is soos dit in sy Woord geopenbaar word en deur wat Hy gedoen het. Om “vrees” of eerbiedige respek te hê vir God en sy Woord, bring 'n skatkis van God se wysheid mee. Die persoon wat daardie wysheid elke dag beoefen, ervaar ware vreugde, standvastige vertroue en sekuriteit, selfs in die aangesig van uiterste moeilikhede. Mense wat tyd inruim om na te dink oor wie God is en wat Hy in hulle lewens gedoen het, sal weet dat Hy waardig is om geprys, liefgehê en gehoorsaam te word.
Hoe behoort ek te reageer?
Om 'n volgeling van Christus te wees beteken ook dat jy 'n student is van wie Hy is. Hoe meer jy die waarheid van die Skrif ondersoek, hoe duideliker sal jy sien hoe God se krag en wysheid in die wêreld geopenbaar word. Om God te soek is meer as net 'n akademiese soektog; jy doen eerstehandse kennis op van wie Hy is, as jy dit wat Hy vir jou in sy Woord wys, met respek in die praktyk toepas. Hoe dikwels ruim jy tyd in om oor God na te dink? Ruim vandag 'n paar minute in om nader aan Hom te kom en ervaar sy teenwoordigheid deur hierdie psalm as 'n gebed tot Hom uit te spreek. Om Hom beter te ken verander wie jy is en hoe jy leef.
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More