Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter vra die Here om hom insig te gee en dat God se verorderinge hom na aan die hart sal lê. Hy kom God se bevele na en vind vertroosting in sy beloftes en gebooie.
Wat beteken dit?
Die skrywer van Psalm 119 het verstaan hoe belangrik dit is om die Woord van God te lees. Sy begeerte is om weet wat daar staan, dieper te gaan as om net die feite oor God te leer; hy wou verstaan wat die Skrif beteken sodat hy die bedoeling daarvan in alle aspekte van sy lewe kon vervul. Namate hy God se verordeninge geëer het, het hy nie meer selfsugtige strewes gehad nie maar begeer om vir 'n doel te leef wat ewige waarde het. Alhoewel sy gehoorsaamheid aan God nie sy probleme laat ophou het nie, het die vertroosting wat hy in God se beloftes gevind het, hom blywende hoop gegee.
Hoe behoort ek te reageer?
Wat was jou motivering om hierdie oordenking te lees? Het jy gehoop jy gaan 'n probleem oplos, vertroosting vind of nader aan God voel? Al is al hierdie dinge goed, daag vandag se gedeelte ons uit om die Woord van God te lees en daarop te reageer. Jou lewe begin verander sodra jy die Skrif begin verstaan, die waarskuwings ernstig opneem en die bevele gehoorsaam. Die resultate val in plek soos 'n ry domino's – jy groei nader aan God, jy leer hoe om verskeie probleme op te los, jy vind vertroosting en hoop, ens. Vra vir God om vir jou begrip en 'n ewige perspektief te gee terwyl jy sy Woord lees en bestudeer. Reageer dan op die waarheid wat Hy aan jou openbaar. Om die Bybel te lees is meer as net 'n goeie gewoonte — dis lewensveranderend.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More