Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 91 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die Here is regverdig; sy woorde is waar, betroubaar en ewig. Die skrywer se trane vloei omdat die mense nie God se wet gehoorsaam nie. Hy vertrou sy lewe toe aan God se beloftes en barmhartigheid.

Wat beteken dit?

Regdeur hierdie gedeelte maak die skrywer die stelling dat hy weet wat waar is omtrent God en sy Woord: die Here is regverdig en ewig; sy beloftes is waar; sy verordeninge is reg en sy bevele kan vertrou word. Die psalmdigter se gebed en standpunt was lynreg teenoor hulle wat God se bevele verontagsaam. Hy het egter rede gehad om vol selfvertroue te wees. Sy gebed was in God se wil omdat hy die Here gevra het om op te tree volgens sy Woord en karakter. Omdat hy altyd gehoorsaam was – en gehoorsaam bly – aan God se wette en bevele, was sy gedagtes en standpunt reg.

Hoe behoort ek te reageer?

Politieke opinies en algemeen aanvaarbare moraliteit wissel met die heersende opinie van die dag, maar God en sy Woord verander nooit. Daar sal 'n dag aanbreek wanneer alles wat God in die Bybel sê vervul sal word en as waar bewys sal word. Tot dan moet elkeen van ons besluit of ons teen die huidige stroom sal gaan, of nie, om standpunt in te neem vir die Woord van God. Treur jy oor jou nasie se verontagsaming van die waarhede wat in die Skrif geopenbaar word? Watter opinie, besluit of politieke standpunt behoort jy aan die gesag van God se regverdige, ewige Woord te onderwerp? God is reg, ongeag wat die samelewing dink. Jy kan jou lewe met vertroue aan sy beloftes toevertrou wanneer jy kies om volgens sy voorskrifte te leef.

Dag 90Dag 92

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org