Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 96 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het 'n gelofte afgelê om 'n huis vir God te bou en God het belowe dat sy seuns vir altyd sou regeer as hulle Hom sou volg. God se mense moet Hom in sy heiligdom prys en eensgesind wees.

Wat beteken dit?

Die laaste drie pelgrimsliedere in Psalms het die Israeliete se aandag gevestig op die middelpunt van hulle aanbidding – die tempel. Dawid se gelofte om 'n huis vir God te bou, was gedurig in sy gedagtes tydens sy vroeë heerskappy, maar dit was nie God se wil nie. Sy seun Salomo het die tempel, God se woonplek, gebou waar die stamme van Israel eensgesind kon saamkom om te aanbid. Hulle algemene doel was om lofliedere te sing, die Here se seën te soek en Hom as die Skepper van hemel en aarde te prys. Die psalmdigter het God se beloftes herhaal toe Hy Israel gekies het om sy volk te wees en Dawid om sy koning te wees, met voorwaardes wat behels het om Hom as Here van hulle lewens te gehoorsaam en lief te hê.

Hoe behoort ek te reageer?

Groot dinge kan bereik word wanneer 'n gesin of mense in 'n gemeenskap vir 'n gemeenskaplike doel leef. Indien enige groep daardie soort vrede en eensgesindheid behoort te toon, is dit die kerk van Jesus Christus. Met watter doel gaan jy elke week kerk toe? Is jou gedagtes besig met familiesake, geringe verskille met kerklidmate of netwerkgeleenthede vir jou besigheid? As God se kinders moet ons die tyd wat ons saam in aanbidding deurbring, koester. Ons mag dalk nie vir altyd die godsdiensvryheid hê om in die Naam van Jesus bymekaar te kom nie. Benader aanbidding hierdie week met vreugde en in 'n gees van vrede en eensgesindheid met ander gelowiges. Saam kan ons groot dinge vir die Here vermag.

Dag 95Dag 97

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org