Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Terwyl die psalmdigter huil, het die Babiloniërs wat hom gevange geneem het, hom beveel om 'n lied oor Sion te sing.
Wat beteken dit?
Die woorde van hierdie psalm is weens 'n gebroke hart geskryf terwyl Israel in ballingskap was. Dis belangrik om te onthou dat God toegelaat het dat sy mense uit hulle land geneem word omdat hulle herhaaldelik geweier het om hulle te bekeer. Het die skrywer dus terug verlang na Jerusalem omdat dit die heilige stad was waar God gewoon het, of omdat hy die sondige lewe wat hy daar gely het gemis het? Hy het sy harp opgehang en geweier om te sing op 'n tydstip toe die liedere van Sion hom aan God se getrouheid sou herinner, Israel se harte sou laat terugkeer het na die Here en hulle van hulle Almagtige God sou kon getuig teenoor die mense wat hulle gevange geneem het.
Hoe behoort ek te reageer?
Dis baie makliker om saam te sing met die lofliedere op die radio wanneer God se seën in jou lewe teenwoordig is, as wanneer jy oorweldig is deur hartseer of woede. Het iets jou vreugde gesteel? Moenie wag tot jy beter voel nie – luister vandag na musiek wat jou aan God se liefde en getrouheid sal herinner. As jou vermoë om die Here te prys van jou omstandighede afhang, is daar oomblikke wanneer jy nie die Here sal wil prys nie. As jou vreugde voortvloei uit die feit dat jy Christus ken en leef om Hom tevrede te stel, sal daar altyd 'n lied in jou hart wees (Handelinge 16:25). Jy sal 'n bemoediging vir ander gelowiges wees en 'n kragtige getuie teenoor hulle wat nog nie aan Christus behoort nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More