Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 103 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid prys die Here omdat Hy sy rots is en vra dat God sy vyande uitmekaar sal laat spat. Die mense wie se God die Here is, is geseënd.

Wat beteken dit?

Dawid was regdeur sy lewe 'n man wat in oorloë betrokke was. Van sy vorige ontmoetings met die wilde roofdiere wat sy pa se troppe aangeval het tot sy oorwinning oor Goliat en al die vyandige teëstaanders van Israel. Hy het besef dat die oorwinning van God af gekom het, hom voorberei het, hom versterk het en hom verlos het. Hy het in verwondering gestaan oor die feit dat die God van die heelal omgegee het oor hom en sy probleme. Dit het veroorsaak dat sy aanbidding tot 'n hoër vlak gegaan het. Dawid het 'n tyd van vrede in die vooruitsig gestel wat net van God se seën, liefde en magtige krag kon kom.

Hoe behoort ek te reageer?

Het oorlog, siekte en die dood jou lewe beïnvloed? Dalk het jy 'n paar keer jou werk verloor, moes jy gereeld trek of het jy aanhoudend probleme met jou kinders gehad. Dawid herinner ons daaraan dat God belangstel in elke besonderheid van ons lewens en namens ons ingryp. Kan jy terugdink aan hoe Hy jou herhaalde kere uit jou omstandighede gered het? Hoe het die Here iets in jou verlede gebruik om jou voor te berei vir vandag se uitdagings? Word 'n paar minute stil voor die Here om Hom te dank vir sy hulp en vra Hom vir leiding vir jou toekoms. Plaas jou vertroue in die Skepper van die heelal, dan sal jou lewe gekenmerk word deur sy genade, krag en liefde. Probleme duik keer op keer op, maar elke keer is God se getrouheid daar.

Dag 102Dag 104

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org