Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 101 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het met God gepraat oor die gevare wat sy vyande inhou en het sy begeerte uitgespreek om bose dade te vermy.

Wat beteken dit?

Dawid het twee belangrike besluite geneem aangaande sy vyande. Eerstens het hy op God vertrou om in te tree en hom te beskerm teen dié wat hom mishandel. Omdat hy na God toe gegaan het, het dit Dawid in staat gestel om die emosies wat hy ondervind het te laat gaan en op God te vertrou om op te tree. Tweedens het Dawid ophou kyk na sy omstandighede en volkome op God gekonsentreer. Hy wou op die regte manier reageer en erken dat hy God se hulp nodig gehad het om dit te doen. Hy het God se hulp gesoek om sy hart te beskerm teen die begeerte om verkeerde dinge te doen of met die verkeerde mense betrokke te raak.

Hoe behoort ek te reageer?

Dis so maklik om op die verkeerde manier te reageer wanneer ons met moeilike mense te doen kry. God het egter nie verander nie; ons kan steeds op Hom vertrou om namens ons op te tree as mense ons mishandel. Hoe sal jy reageer as mense jou mishandel? Sal jy wraak neem of God se hulp soek? Sal jy saam met hulle rebelleer teen die Woord van God of volkome gehoorsaam wees aan Christus? As jy op God bly fokus sal jy soos Dawid kan reageer. Vra nou vir God om jou gedagtes en begeertes te beskerm wanneer jy vandag met mense in jou lewe te doen kry.

Dag 100Dag 102

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org