Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter wil die Here sy lewe lank prys en vertrou omdat sy getrouheid nie ophou nie. Hy het Israel uitgedaag om God te prys vir sy voorskrifte en Woord wat aan hulle bekendgemaak was.
Wat beteken dit?
Die algemene denke is dat die laaste vyf psalms geskryf is toe die tweede tempel voltooi is en die mure van Jerusalem weer herbou is. Dit is 'n gepaste verduideliking waarom hierdie psalms met presies dieselfde drie woorde begin: "Prys die Here.” Tydens Israel se ballingskap en terugkeer, het die skrywer geleer om sy vertrou op God te plaas eerder as op mense. Net die Skepper van die hemel en die aarde onderhou diegene wat in die moeilikheid is, verhef dié wat nederig is en genees die gebrokenes van hart. Hy sal nie diegene wat hulle vertroue in Hom plaas in die steek laat nie. Israel het 'n spesiale rede gehad om die Here te prys; God het sy wysheid en Homself aan geen ander nasie bekendgemaak deur sy voorskrifte en bepalings nie. Dit was gepas om Hom te prys.
Hoe behoort ek te reageer?
Watter uitdagings staar jou nou in die gesig? Op wie vertrou jy vir die antwoorde? Jy kan God vertrou om te voorsien wat jy nodig het wanneer jy tyd in sy Woord en in gebid deurbring. As jy bekommerd is kan Hy vir jou vrede gee. As jy alleen is kan Hy jou vriend wees. As jou hart gebroke is kan Hy dit genees. As jy kragteloos voel kan Hy jou sterk maak. Jy kan Hom selfs dank en prys voor jy jou antwoorde kry, want God is altyd getrou aan hulle wat kies om op Hom te hoop.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More