Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 104 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid verkondig die grootheid van God se goedheid en vrygewigheid.

Wat beteken dit?

Die ware natuur van God se grootheid was bo Dawid se begrip, dus het hy die Here geprys vir die werke en karaktereienskappe wat hy in sy eie lewe ervaar het. Sy kennis van God se genade, ontferming en liefde, het hy opgedoen deur moeilike tye, hartseer en berou oor sonde in sy eie lewe. Hy kon van ondervinding praat oor God se voorsiening en getrouheid toe hy op vlug was vir sy lewe. Die Here was by hom, het wag gehou deur baie slapelose nagte en elke uitroep om hulp. Elke ding wat God gedoen het of in Dawid se lewe toegelaat het, was reg en in liefde. Dawid het 'n intieme, persoonlike verhouding met God gehad en het rede gehad om Hom persoonlik te prys, maar hy het nie daarby stilgestaan nie. God se grootheid was werd om deur alle mense deur al die geslagte heen geprys te word, dus het Dawid hierdie psalm van prys geskryf sodat die Here se majesteit, goedheid, geregtigheid en heiligheid vir ewig en altyd geprys sou word.

Hoe behoort ek te reageer?

Elke omstandigheid en ervaring dien een doel vir die kind van God: om die Here te ken en Hom bekend te maak. Deur koning Dawid se woorde van prys, leer ons God se kwaliteite ken en hoe hy in lig van daardie kwaliteite met mense omgaan. Namate ons Christus volg en groei om Hom beter te leer ken, behoort ons ook vir ander van sy liefde, genade en goedheid te vertel wat hy teenoor ons bewys het. Die opdrag aan elke geslag van gelowiges is om die Here intiem te ken en Hom openlik te prys. Hoe sal jy Hom vandag bekendmaak?

Dag 103Dag 105

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org