Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die Here het Dawid ondersoek en ten volle geken, selfs nog voor hy gebore was.
Wat beteken dit?
Hierdie psalm begin en eindig met die Here wat Dawid se hart ondersoek. God het alles omtrent hom geweet; God het elke dag van sy lewe neergeskryf. Sy gedagtes, woorde en dade was heeltemal deursigtig in God se teenwoordigheid. Dawid het begryp dat God hom beter geken het as wat hy homself geken het, dus het hy die Here uitgenooi om hom ten volle te ondersoek en enigiets in sy lewe uit te wys wat Hom nie behaag nie. Hy wou homself sien soos God hom sien, sodat hy kon regstel wat verkeerd was. Dawid was in absolute ontsag oor God se kennis van en persoonlike betrokkenheid in sy lewe.
Hoe behoort ek te reageer?
God weet alles omtrent jou lewe. Hy was daar nog voor jy vir die eerste keer asem gehaal het en is vandag by jou. Hoe laat dit jou voel om te weet dat God alles sien en hoor en omgee oor alles wat jy dink, sê en doen? Die antwoord hang af van jou huidige gehoorsaamheid aan Christus. Sal jy God vandag uitnooi om jou hart te ondersoek? Andersins kan jy blind wees vir wat jy verkeerd gedoen het en probeer om jou sonde as gering te skat. Dit verg moed om eerlik na jou lewe te kyk, jou foute te erken en God om vergifnis te vra. Jou hart en gedagtes is alreeds bekend vir die Here, so hoekom kyk jy nie na jouself soos die Here jou sien nie? Wanneer jy dit doen, is sy alsiende, alwetende teenwoordigheid 'n vertroosting – nie 'n bekommernis nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More