Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 99 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het God se getrouheid en liefde geprys te midde van sy moeilikhede.

Wat beteken dit?

Dis onseker presies wanneer Dawid hierdie psalm geskryf het, maar sy omstandighede was duidelik. Hy was omring deur vyande en weg van Jerusalem, in 'n land vol valse gode. En tog, selfs te midde van moeilikhede, was Dawid se geestelike lewe nie onderbreek nie. God se onwankelbare liefde in so 'n moeilike tyd, het hom die krag gegee en aangemoedig om God met sy hele wese te aanbid. Sy omstandighede het nie God se doel vir sy lewe in die wiele gery nie, maar het vir hom 'n groter rede gegee om eerder die God van Israel te prys as heidense konings. Dawid se toenemende moeilikhede het gehelp om hom 'n beter begrip te gee van God se getrouheid, genade, heiligheid en liefde.

Hoe behoort ek te reageer?

Die probleme van die lewe is moeilik; nogtans behoort hulle nie jou lewe negatief te beïnvloed nie. Die hindernisse wat jou in die gesig staar behoort jou eerder 'n beter begrip te gee van God se karakter. Om persoonlik God se hand in jou lewe te ervaar is baie anders as om net te lees oor sy genade en barmhartigheid en na vriende se verhale oor sy getrouheid te luister. In watter moeilike omstandighede bevind jy jou vandag? Het jy toegelaat dat dit jou aanbidding en wandel met die Here onderbreek? Jy het 'n kopskuif nodig. Hou op om na die negatiewe dinge te kyk en kyk na God se liefdevolle, getroue werking in jou lewe.

Dag 98Dag 100

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org