Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Oorweldig, alleen en vertrap deur sy vyande, het Dawid gebid vir oorwinning, leiding en 'n hart wat God behaag.
Wat beteken dit?
Al is hierdie psalms op verskillende tye in Dawid se lewe geskryf, het hy voor 'n soortgelyke probleem te staan gekom. In Psalm 142 probeer Saul om Dawid dood te maak en in Psalm 143 was dit sy eie seun Absalom wat sy lewe bedreig het. Gedurende hierdie twee geleenthede het hy dieselfde gebede gebid — hy het desperaat gevoel, was swak en sonder hoop. Totdat 'n noemenswaardige verskil in Psalm 143:5 na vore gekom het. God se getrouheid in die eerste situasie het vir Dawid vertroue gegee in God se goedheid en onfeilbare liefde in sy huidige omstandighede. Dawid se uitkyk het verander toe hy onthou hoe die Here hom voorheen verlos het. Hy het nie net die vooruitsig gehad van wat God vir Hom kon doen nie – hy het dit al voorheen ondervind.
Hoe behoort ek te reageer?
Elke uitdaging wat jy in die gesig staar bied 'n geleentheid om meer te leer oor wie God is en hoe Hy optree namens hulle wat op Hom vertrou. Laat die huidige situasie in jou lewe jou oorweldig of verslae voel? Indien jy 'n volwasse gelowige is, kyk terug na ander situasies wat hopeloos gelyk het. Hoe het die Here jou deur hierdie moeilikhede versterk? Indien jy 'n jong Christen is, vra God om jou oë oop te maak sodat jy kan sien hoe baie Hy jou liefhet. Onthou vandag dat God spesialiseer daarin om hopelose situasie in wonderlike geleenthede te verander sodat Hy sy goedheid, wysheid en krag ten toon kan stel.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More