Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter doen 'n beroep op Israel om die Naam van die Here te prys en God te dank. Aan sy liefde (genade) is daar geen einde nie.
Wat beteken dit?
Die skrywer is vol lof as hy dink aan die prag van God. Die Here het alles gemaak en heers oor alles. Gedagtes aan God se wonderlike karakter, sy magtige dade in die skepping en sy wonderlike verlossing, beskerming en sorg vir Israel, het hom lof- en dankliedere laat sing. Hy het gesien hoe dwaas dit is om afgode te aanbid wat deur mense gemaak is. Israel het 'n deernisvolle, liefdevolle, barmhartige en ewige God gedien. Die psalmdigter het by diegene na aan hom aangedring om God te prys vir wie Hy is en om dankie te sê vir wat Hy gedoen het.
Hoe behoort ek te reageer?
Jou lofprysing en danksegging seën God. Hy het dit nie nodig nie, maar Hy hou daarvan om dit te hoor. Dink 'n oomblik na oor wie God is en wat Hy vir jou persoonlik gedoen het. Sien jy, soos die skrywer van hierdie psalms, die getrouheid van God soos Hy in jou lewe teenwoordig is? Watter liedere laat jou in verwondering staan en beweeg jou om God te aanbid, te prys en te eer? Sing hierdie week daardie liedere hardop by die huis of in jou kar in jou privaat aanbidding. Wys vandag in jou houding, woorde en dade dat jy God se wonderlike karakter erken en dankbaar is vir hoe Hy in jou lewe gewerk het.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More