Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Israel was gedurig deur vyande verdruk. Die psalmdigter roep uit vir genade van God en dring by Israel aan om hulle hoop in die Woord van God en sy onfeilbare liefde te plaas. Dawid het ook in nederigheid sy hoop in die Here geplaas.
Wat beteken dit?
Psalms 129 en 130 is waarskynlik deur Hiskia geskryf, 300 jaar nadat Dawid, as 'n jong skaapwagter, Psalm 131 geskryf het. Koning Hiskia se gebede handel oor twee gevare vir Israel – vyande van buite die stad en sonde in hulle eie nasie. Die plasing van Dawid se kort psalm, direk na Hiskia se desperate pleidooi, is nie toevallig nie; sy voorspraak gebruik selfs van Dawid se eie woorde: “Wag op die Here, Israel.” Israel het dieselfde nederigheid voor die Here nodig gehad wat in haar beste koning teenwoordig was. Die regverdige en genadige God was — en is — die enigste een wat hulle kon beskerm en verlos.
Hoe behoort ek te reageer?
Hoe dikwels tree jy in gebed vir jou nasie? Ons het goddelike intersessors nodig soos nog nooit tevore nie. Soos Israel in Hiskia se dae, word ons elke dag herinner aan nasies waar haat mense dryf om ander te vernietig. Ons landsburgers se arrogante en blatante rebellie teenoor God en sy Woord is net so vernietigend. God se liefde is onfeilbaar, maar sy regverdige, heilige natuur sal nie sonde duld nie. Sy genade en vergifnis is ons enigste hoop. Kom ons staan saam in ons begeerte vir ons nasie: "Wag op die Here, Suid-Afrika!”
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More