Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 90 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter het God se wet lief en gehoorsaam dit – dit gee hom wysheid, begrip, insig en lig. Dit hou hom op die regte pad en weg van hulle wat kwaad doen.

Wat beteken dit?

Vandag se gedeelte beskryf baie voordele daaraan verbonde as jy die Woord van God liefhet en gehoorsaam. Om die Skrif as sy hoofbron in die lewe te hê, het vir die psalmdigter 'n voorsprong gegee oor sy vyande, leermeesters en ouer mense. Hulle breë kennis was nie gelykstaande aan sy insig nie; ook nie hulle ouderdom of wêreldse insig was gelykstaande aan wysheid of die vermoë om te verstaan hoe God in die wêreld werk nie. Dit is nie dat God alles geopenbaar het wat die skrywer ooit sou nodig hê om te weet nie, maar gereelde bestudering van God se wette en bevele het hom net genoeg lig gegee vir die pad reg voor hom. Dit het reg en verkeerd duidelik sigbaar gemaak en sy diepste vrese uit die weg geruim. Hy het verwag om saam met die Here te stap tot aan die einde van sy lewe, een verligte tree op 'n slag.

Hoe behoort ek te reageer?

Op watter bronne maak jy staat? Maak jy staat op jou opvoeding om jou te help om jou pad deur die lewe uit te redeneer? Miskien is jy afhanklik van die raad van 'n ouer of ouer broer of suster om jou keuses te rig. Opvoeding en praktiese ervaring is belangrik, maar waarborg nie insig of begrip om wyse besluite te neem nie. Die Bybel is die enigste betroubare, onfeilbare hulpbron vir die lewe. Namate jy sy Woord op een terrein gehoorsaam, sal God jou verstand begin verlig met meer insig en begrip om jou te lei (Johannes 7:17). In watter situasie of verhouding het jy God se wysheid nodig? Deursoek vandag sy Woord – Hy sal vir jou die begrip gee om te weet wat reg en verkeerd is en om te onderskei tussen wat goed is en wat die beste is.

Dag 89Dag 91

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org