Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Hulle wat die Woord van God oordink en volgens sy verordeninge wandel, vind raad, krag, vreugde en vryheid.
Wat beteken dit?
Die enigste tema van Psalm 119, die langste gebed in die Bybel, is die Woord van God. Dis 'n akrostieke psalm wat ag strofes vir elkeen van die 22 letters van die Hebreeuse alfabet gebruik om die Skrif te verhef. Die sinonieme vir die Woord van God in vandag se gedeelte (gebooie, voorskrifte, bepalings, bevele en verordeninge) druk verskillende aspekte van sy Woord uit. Verskillende fasette van God se werk in die gelowige se lewe word ook aangespreek (reiniging, lering, skenk krag en beskerming). Die psalmdigter se diep liefde vir God se wet, het gelei tot sy toewyding om die inhoud daarvan deel van sy lewe te maak. Hy het die Woord van God nie beklemmend gevind nie; dit het eerder die vryheid van 'n lewe sonder verwyte gebied en was 'n voortdurende bron van vreugde.
Hoe behoort ek te reageer?
Mense sien dikwels die Bybel as 'n boek wat hulle vryheid om te doen wat hulle wil, beperk. Die enigste ding wat die Skrif egter beperk, is sonde. Dit is sonde, saam met die gevolge en skuldgevoelens, wat ons beperk (2 Petrus 2:19). Die Woord van God is 'n padkaart na 'n bevredigende lewe en 'n fondament om 'n lewe op te bou wat sonder spyt is. Is jy vasbeslote om God te ken en sy weë te volg? Verbind jou om daagliks die Bybel te lees en na te dink oor wat dit beteken en hoe jy op die waarskuwings en instruksies moet reageer. Vra God vir 'n passie vir sy Woord. Die Woord van God is waarheid, en gee vryheid aan die siel (Johannes 8:32).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More