Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 86 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

In Psalm 117 word alle mense aangesê om God te prys vir sy lojale liefde en sy blywende waarheid. Psalm 118 praat van die belangrikste klip in God se gebou wat deur mense afgekeur was maar deur die Here gekies was.

Wat beteken dit?

Psalm 118 is 'n messiaanse psalm wat vooruit kyk na Jesus Christus wat God se waarheid en liefde perfek bewys het, soos in Psalm 117 beskryf word. God se mense kan sy onfeilbare liefde, getrouheid en blywende waarheid prys. Toe die Here Jesus Jerusalem binne gegaan het, het die skares Hom geprys met die woorde van Psalm 118:25-26: “Hosanna [Red ons]! Geseënd is Hy wat kom in die naam van die Here” (Markus 11). Later in daardie week het Jesus verse 23 en 24 op Homself van toepassing gemaak – die klip wat die bouers afgekeur het was die een wat deur God gekies is. Die Joodse leiers het Jesus egter verwerp. Hulle het geen idee gehad dat hulle die langverwagte Messias en koning sien nie – God se liefde en waarheid, beliggaam in die persoon van Jesus Christus.

Hoe behoort ek te reageer?

Tweeduisend jaar later reageer mense dieselfde op Jesus. Sommige het Hom vertrou vir hulle verlossing, terwyl ander Hom verwerp het. In watter groep is jy? Het jy die onfeilbare liefde van Jesus Christus ervaar? Hoe is sy waarheid in jou hart geopenbaar, deur die Skrif en die lering van die Heilige Gees? God se liefde en waarheid woon nou in jou, 'n gelowige. Kyk vandag na mense deur sy oë. Net die waarheid wat in Christus gevind word kan hulle vrymaak van die mag van die sonde. Hy het hulle innig lief, net soos Hy jou liefhet. Vir wie sal jy vandag van sy onfeilbare liefde en getrouheid vertel?

Dag 85Dag 87

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org