Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Die mensgemaakte afgode van die nasies is leweloos, maar die God van die hemel is Israel se hulp en beskerming. Die psalmdigter prys God se genade, geregtigheid en ontferming.
Wat beteken dit?
Israel het volgens tradisie hierdie psalms tydens Paasfees gesing. Hierdie gedeeltes het God se mense herinner dat hulle anders as die omliggende nasies was omdat hulle God die Skepper van hemel en aarde is. Alle eer behoort nou en vir altyd aan Hom. Sy liefde en getrouheid behoort hulle te gemotiveer het om Hom ten volle te vertrou en te gehoorsaam. Jesus het Psalm116 saam met sy dissipels gesing tydens die laaste paasmaaltyd, met die wete dat die tyd van sy dood naby was. Hy het die “beker van verlossing” omhoog gehou en 'n kort tydjie daarna het hy in genade en ontferming die werk voltooi wat God vir Hom gegee het om te doen; sy gewilligheid om aan die kruis te sterf vir die sondes van die wêreld.
Hoe behoort ek te reageer?
In die huidige samelewing lyk dit of alle pogings aangewend word om enige tekens van God – soos dit in die Skrif geopenbaar word – uit die regering, skole en regstelsel te verwyder. Jy kan nie die wêreld verander nie, maar God kan jou verander. Gelowiges behoort anders te wees omdat ons God die Skepper, Verlosser en Here is en eendag as koning oor die aarde gaan heers. As gevolg van Christus se dood, begrafnis en opstanding, kan jy vry wees van die vrees vir die dood. Op watter maniere het jy op Hom gereageer met vertroue en gehoorsaamheid? Hoe kan jy vandag wys dat jy dankbaar is vir sy genade, geregtigheid en ontferming?
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More