Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 84 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter doen 'n beroep op die dienaars van die Here om die Een te prys wat hoog bo die nasies heers. Hy roep Israel se uittog uit Egipte in herinnering, toe God sy uitverkore mense verlos het.

Wat beteken dit?

Psalms 113 tot 118, wat bekend staan as die groot Hallel (Halleluja) psalms, is op die nag van die Paasfees gesing. Vandag se gedeeltes was heel waarskynlik aan die begin van die maaltyd gesing. Al is God die oppermagtige heerser oor alles wat bestaan, beskryf Psalm 113 sy persoonlike belangstelling en betrokkenheid in die lewens van die armes, behoeftiges en hopelose mense. Toe die Joodse mense dié lied van die uittog in Psalm 114 gesing het, is hulle herinner aan sy verlossing, krag en voorsiening. Die gedagte aan sy heerlike teenwoordigheid sou vir seker hulle harte verbly het.

Hoe behoort ek te reageer?

Die Here is nie 'n onbetrokke, ongeïntresseerde toeskouer van wat in die wêreld gebeur nie. Sy betrokkenheid in ons lewens is 'n rede om te onthou wat Hy gedoen het en Hom te prys vir wie Hy is. God het ons, as gelowiges, uit geestelike armoede verhef tot 'n koninklike posisie in Christus. Hy lei ons deur ons daaglikse lewe en voorsien in ons behoeftes en sorg vir tye van geestelike herlewing. Dink na oor hoe die Here in jou eie lewe gewerk het. Hoe het jy God se verlossing en krag beleef? Wanneer jy onthou wat Hy gedoen het, behoort jy gemotiveer te wees om Hom aanhoudend te prys en jou daaraan toe te wy om Hom daagliks te prys en te gehoorsaam. Hoe sal jou lewe hierdie week jou koninklike erfenis weerspieël?

Dag 83Dag 85

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org