PSALMS 111:1-10

PSALMS 111:1-10 AFR83

Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas. Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Genadig en barmhartig is die Here. Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee. Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid