Psalms 111:1-10

Psalms 111:1-10 AFR20

Halleluja! Ek wil die HERE prys met my hele hart, in die kring van opregtes en in die byeenkoms. Indrukwekkend is die werke van die HERE, 'n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind. Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen, en sy geregtigheid hou stand vir altyd. Hy het bewerk dat sy wonders onthou word. Genadig en barmhartig is die HERE. Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het. Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte. Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee. Die werk van sy hande is betroubaar en reg. Betroubaar is al sy opdragte, bestendig vir altyd, vir ewig – dit word nagekom in trou en opregtheid. Verlossing het Hy vir sy volk gestuur. Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam. Die begin van wysheid is ontsag vir die HERE