PSALMS 111:1-10

PSALMS 111:1-10 NLV

Prys die HERE! Met my hele hart wil ek die HERE loof in die vergadering van die gemeente, in die byeenkoms van die opregtes. Die dade van die HERE is groot! Almal wat daaroor bly is, dink hieroor na. Heerlik en vol majesteit is sy werke. Sy geregtigheid hou vir altyd stand. Sy wonders sal altyd onthou word. Genadig en barmhartig is ons HERE! Hy voed hulle wat Hom dien; Hy onthou altyd sy verbond. Hy het sy kragtige dade aan sy volk getoon deur die land van ander nasies aan hulle te gee. Alles wat Hy doen, is waar en reg, en al sy voorskrifte is betroubaar. Hulle is vir altyd geldig, en met trou en opregtheid moet dit gehoorsaam word. Hy het ’n losprys vir sy volk betaal, en sy verbond vir altyd gewaarborg. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam! Eerbied vir die HERE is die begin van wysheid. Dié wat sy voorskrifte navolg, het goeie insig. Hy sal vir altyd geprys word!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid