Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die vyande van die Here sal aan Hom onderdanig wees en Hy sal regeer oor hulle as 'n priester volgens die orde van Melgisedek.
Wat beteken dit?
Psalm 110 voorspel die ewige priesterskap van Christus. Christus word uitgebeeld as God, Koning, Priester, Regter en 'n magtige Kryger. Hierdie profetiese psalm haal 'n gesprek aan tussen God die Vader en God die Seun. Dawid, geïnspireer deur die Gees, praat van die komende koning wat nie net sy seun is nie maar ook sy Here. Hierdie psalm word meer as enige ander psalm in die Nuwe Testament aangehaal. Jesus het dit aangehaal toe Hy die Joodse leiers gevra het hoe Christus Dawid se seun en sy Here kon wees (Matteus 22). Die wetsgeleerdes het nie 'n antwoord gehad nie want hulle kon nie verstaan dat die Messias (Christus) beide menslik en Goddelik moet wees nie.
Hoe behoort ek te reageer?
'n Deel van die profesie in Psalm 110 is vervul deur die dood, begrafnis, opstanding en hemelvaart van die Seun van die Mens en die Seun van God, die Here Jesus Christus. Die ander deel van die profesie – die oordeel van hulle wat Christus verwerp en die beloning van hulle wat Christus aanvaar – sal vervul word soos belowe is. Hy tree tans op in die lewens van sy volgelinge as beide Koning en Hoëpriester. Ken jy Hom as sodanig? Die boodskap vir ons vandag is duidelik – God sal ook as 'n regter kom en sy plan sal vervul word. Watter verskil het daardie waarheid in jou lewe gemaak? Hoe sal jy jou tyd op die aarde gebruik om dit vir die ewigheid te laat tel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More