Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 78 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter prys God vir sy getrouheid en die ewige verbond wat Hy met Abraham en sy nageslag gesluit het.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm gee 'n oorsig oor die geskiedenis van Israel en toon God se oppermag en genade met sy handelinge met Israel. Die psalmdigter moedig Israel aan om te onthou wat God vir hulle gedoen het en om ander daarvan te vertel. Die nasie van Israel het eerstehands ervaar hoe die Here hulle beskerm, vir hulle voorsien en beloftes aan hulle maak. Tydens koning Dawid se heerskappy het die Leviete dié gedeeltes van Psalm 105 gelees toe die verbondsark terug gebring is (1 Kronieke 16). Om God se getrouheid in die verlede te onthou, bring dankbaarheid en gehoorsaamheid in die hede mee.

Hoe behoort ek te reageer?

Onthou jy toe ...? Daardie vraag bring amper altyd goeie herinneringe mee van vreugde en gelag, wanneer jy terugdink aan spesiale oomblikke. Die verslag van God se getrouheid in vandag se gedeelte herinner ons aan sy liefde en grootheid. Hoe dikwels deel jy jou herinneringe oor hoe getrou God in jou lewe was? God onthou altyd en doen sy beloftes aan sy kinders gestand. Hoe dikwels onthou jy om Hom te vertrou en te bedank? God se getrouheid in die verlede is 'n rede om vandag dankbaar te wees.

Dag 77Dag 79

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org