Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die Here is goed! Aan sy liefde is daar geen einde nie. So moet die mense sê wat deur die Here bevry is. Hulle moet dankbaar wees vir sy onfeilbare liefde en wonderlike dade.
Wat beteken dit?
Die skrywer het van verskeie merkwaardige dade teenoor die Here se verloste mense vertel. God was getrou in elke haglike situasie, en tog het hulle nie stilgestaan om vir Hom dankie te sê, te prys of vir ander van sy onfeilbare liefde te vertel nie. Israel moes herinner word om God te bedank vir sy ingryping in die ervarings van hulle lewens. Hy het in die omstandighede van sy kinders gewerk om sy plan vir hulle lewens uit te voer. Om God se liefdevolle betrokkenheid met 'n dankbare hart te herken, is 'n teken van wysheid.
Hoe behoort ek te reageer?
God gee om vir elke aspek van jou lewe. Dit beteken nie dat die lewe sonder probleme is nie, maar God kan elke situasie – hoe moeilik dit ook al is – gebruik om sy doel in en deur jou lewe te bereik. Deur teëspoed kan die Here jou geloof, afhanklikheid van Hom en dankbaarheid vir sy betrokkenheid laat groei. In watter situasie het jy God se ingryping gesien? Wat het God hierdie week vir jou voorsien? Ruim vandag tyd in om vir Hom dankie te sê en vertel vir iemand wat sy groot liefde vir jou beteken.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More