Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 76 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid prys God dat Hy sy oortredinge verwyder so ver as die ooste van die weste af is.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm is 'n lofgesang wat deur Dawid geskryf is en verduidelik waarom hy 'n "man na God se hart" genoem word. Dit is moontlik die grootste en noemenswaardigste lofgedig tot God wat nog ooit gekomponeer is. Sonder om een versoek tot die Here te rig, vra Dawid die aanbidders om hierdie lied te sing om te onthou watter voordele dit inhou om God te dien: vergifnis, genesing, verlossing en tevredenheid. Dawid se ywer vir die Here bereik nuwe hoogtes as hy besef wie God is en wat Hy gedoen het.

Hoe behoort ek te reageer?

Wanneer laas het jy gebid sonder om vir God iets te vra? Ons begin gewoonlik ons gebede met danksegging vir die Here se goedheid teenoor ons, maar dan gaan ons vinnig aan na die dringende saak op daardie oomblik. Maak hierdie week 'n lysie van dinge waarvoor jy dankbaar is en waarvoor jy God kan prys. Wanneer jy dan bid, rig jou gedagtes en hart op wie God is en wat Hy in jou lewe gedoen het. Vra vir spesifieke dinge en dank Hom vir spesifieke antwoorde op gebed. Jy kan dalk probeer om vir 3 tot 5 minute lank te bid sonder om enigiets te vra. Jy kan nou dadelik begin deur 'n lysie te maak van dinge in Psalm 103 en dit in jou gebed insluit.

Dag 75Dag 77

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org