Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter stort sy klagtes voor die Here uit en vra Hom om sy gebed en hulpgeroep te hoor.
Wat beteken dit?
Die skrywer van Psalm 102 was oorweldig met sulke groot droefheid dat hy gevoel het hy kan nie verder gaan nie; hy het gedink dat God hom verlaat het. In sy nood het hy egter op God begin konsentreer: sy karakter, oppermag en die hoop dat God van sy probleme ontslae sal raak. Hy het homself toe herinner dat ander sy reaksie dophou. Hy het teruggekyk na die geslagte oor die eeue heen wat sou weet dat God in die verlede en hede getrou was en in die toekoms sou wees. Hy het stadigaan begin om God te prys en sluit af deur aan die toekomstige geslagte te verkondig dat God goed is!
Hoe behoort ek te reageer?
Vind jy jouself – net soos die skrywer van Psalm 102 – in 'n donker tyd met beproewing wat jou energie dreineer? Die laaste ding wat jy wil doen is om God te prys vir sy goedheid en getrouheid. As jy egter sy eienskappe oordink, begin die heerlikheid van God jou wese vul en jou selfgesentreedheid begin stadigaan oorgaan in aanbidding tot Hom. Lofprysing is 'n keuse. Terwyl jy ten aanskoue van jou familie, vriende en kollegas leef, onthou dat hulle kan sien of jy bekommerd is of aanbid, jouself bejammer of die Here prys, sing of snik. Maak vandag die keuse om God te prys vir wat Hy in jou lewe doen en nog gaan doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More