Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Wat staan daar geskrywe?
Hulle wat God as Skepper ken, kan sy goedheid, liefde en getrouheid prys. Dawid het van God se liefde en geregtigheid gesing en belowe om in opregtheid te lewe.
Wat beteken dit?
Die Here se mense behoort 'n hart vol vreugde te hê wanneer hulle Hom aanbid. Hy is die oppermagtige God en Skepper wat alles voorsien wat sy mense nodig het. Dawid was oorweldig deur God se goedheid, troue liefde en voortdurende getrouheid en het sy bedoeling om God te eer duidelik gemaak, deur sy huis, sy lewe en posisie van gesag te reinig van enige boosheid wat verdere prys aan God sou verhinder. Die psalmdigter se begrip van God verdiep namate hy al God se onveranderlike eienskappe lys; as gevolg daarvan is die kreet van sy hart om God met sy lewe te behaag.
Hoe behoort ek te reageer?
Deesdae kan gelowiges op enige tyd en plek in die teenwoordigheid van die Here gaan. Wanneer jy die Here vandag nader, prys Hom deur spesifieke eienskappe te noem (soos sy goedheid, liefde, heiligheid en getrouheid), wat verklaar wie Hy is. Deur God met jou hele hart te prys, skep jy 'n begeerte om Hom in elke aspek van jou lewe te behaag. Terwyl jy oor sy heiligheid nadink, is daar 'n groeiende begeerte om 'n heilige lewe te leef (I Petrus 1:15-16)? Wat weerhou jou daarvan om volkome op God ingestel te wees? Dinge soos goddelose keuses wat vermaak betref of 'n neiging om te skinder, belemmer jou vermoë om die Here te prys en te eer. Kom nou vir 'n oomblik tot stilstand en doen selfondersoek om te sien of daar terreine in jou lewe is wat God moet reinig.
Aangaande hierdie leesplan

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More