Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Jubel tot eer van die Here en buig in dankbaarheid voor Hom. Prys sy Naam, verkondig sy redding, vertel van sy wonderlike dade en aanbid Hom in sy glansryke heiligheid.
Wat beteken dit?
Vandag se psalms beskryf wat ware aanbidding behels. As 'n nasie ooit rede gehad het om te jubel en hul God as waardig sien om geprys te word, was dit Israel. Nogtans, keer op keer, het hulle die sonde van hul vaders herhaal deur na valse gode te draai en hulle harte te verhard teenoor hulle Skepper en Herder. Alhoewel hulle die woorde van hierdie lied dikwels in die tempel gesing het, het hulle nie gedoen wat dit sê nie – om die Here waarlik te aanbid. 'n Sagte hart teenoor God is die gevolg van iemand wat sy grootheid erken, Hom gereeld bedank, aan sy wil onderdanig is en uitsien na sy naderende wederkoms.
Hoe behoort ek te reageer?
Deelname aan weeklikse aanbiddingsdienste is goed, maar dit beteken nie dat jy die Here waarlik aanbid nie. Aanbidding is 'n lewenswyse wat meer behels as om liedere te sing op 'n Sondag. Dit sluit in om presies te sien wie God is, ongeag die omstandighede wat Hy in jou lewe toegelaat het. Net soos Israel lewe ons in God se seëninge, maar ons is dikwels nie ten volle onderdanig aan sy Woord nie. Wanneer jy daarvan bewus word, vind 'n rede om God dadelik te dank en te prys. Terwyl jy in daardie oomblik jou gedagtes op Jesus rig, sal jy herinner word dat ons bestaan om Hom te aanbid en dis die een ding wat ons tot in ewigheid sal doen. Sal jy vandag die psalmdigter se uitnodiging aanvaar om die Here te aanbid?
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More