Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die goddeloses het nie gedink dat God hulle gesien het nie, maar die Skepper het hul gedagtes geken. Die Wet van die Here het die regverdiges gehelp om standpunt in te neem, maar die goddeloses sal daardeur geoordeel word.
Wat beteken dit?
Tussendeur al die psalms wat God se liefde prys en sy heerlikheid verklaar, roep hierdie gedeelte uit vir sy wraak. Die skrywer wys uit hoe dwaas dit is om God se mense kwaad aan te doen. Hulle het opgetree asof die Skepper 'n lewelose mensgemaakte afgod was wat nie hulle geweldadige optrede kon sien of hulle arrogante uitlatings kon hoor nie. In werklikheid was elke gedagte van hulle blootgelê voor die Regter van die aarde. Net God kan die goddeloses straf en tog was Hy op die uitkyk vir mense wat teen die bose sou standpunt inneem en regverdigheid en waarheid verkondig. Elke bose persoon sal uitgeroei word en elke bose daad sal geoordeel word wanneer Jesus terugkeer.
Hoe behoort ek te reageer?
Dit kan frustrerend wees om in 'n wêreld te leef waar mense optree asof God nie bestaan nie, nie sien nie of nie omgee vir mense nie. Ons samelewing sien nie net ernstige sonde oor nie, maar maak dit ook wettig en beloon dit. Jy het dalk al so moedeloos geword dat jy jouself saam met ander gelowiges wil afsonder terwyl julle vir Jesus wag om terug te kom en elke verkeerde ding reg te stel. God is egter op soek na gelowiges wat gewillig is om met mannemoed en in liefde die waarheidtel verkondig terwyl daar nog tyd is vir mense om na Hom te kom. Watter boosheid in die wêreld bedroef jou? Hoe kan jy vandag daarteen standpunt inneem en die waarheid van die Skrif verkondig?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More