Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Dwase kan nie die gedagtes van die Allerhoogste begryp nie, maar die regverdige persoon prys sy liefde en getrouheid. Hy regeer vir ewig in majesteit, krag en heiligheid.
Wat beteken dit?
Wanneer die brandoffer op die Sabbatdag voorberei was, was God se mense herinner aan sy majesteit en heiligheid. Daarom het hulle sy lof besing, sy grootheid verkondig en aan die dinge gedink wat Hy namens hulle gedoen het. Sommige van sy werke was moeiliker om te verstaan, maar indien hulle God ten volle kon begryp, sou Hy nie die oneindige, ewige, almagtige God wees wat hulle aanbid het nie. Omdat sy gedagtes dieper as hulle s'n was, kon God se mense hulle lewens in sy liefdevolle hande plaas aan die begin van elke dag en aan die einde van die dag terugkyk na sy getrouheid.
Hoe behoort ek te reageer?
Soms is God se weë en doelwitte duidelik en ander kere sukkel ons om hulle te verstaan. Hoekom sou ons 'n god aanbid wat ons ten volle kan verstaan? Ons kan die Here ten volle vertrou omdat sy gedagtes dieper en sy weë hoër as ons s'n is. Wanneer jy dink aan hoe lief God jou het (Johannes 3:16), word dit tweede natuur om elke oggend jou dag in sy hande te plaas. Kyk vandag uit vir God se hand in jou lewe sodat jy Hom aan die einde van die dag daarvoor kan bedank. Wanneer jy die Here se getrouheid en liefde prys, erken jy wie Hy is al kan jy nie sy dade ten volle verstaan nie.
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More