Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 69 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter het by die Allerhoogste skuiling gevind en die beskerming van die Almagtige geniet. Hy het God erken en Hom aangeroep wat belowe het om by hom te wees in moeilike tye.

Wat beteken dit?

God het unieke beloftes aan die nasie van Israel gemaak; sommige daarvan kan in vandag se gedeelte gesien word. Verbeel jou daar was sulke goddelike beskerming dat dit nie nodig was om bang te wees vir plae, peste of aanvalle van die vyand nie – solank hulle in gehoorsaamheid aan die Almagtige gelewe het. Sy beloftes het hulle oordek soos die vlerke van 'n hen wat haar kuikens beskerm. Die anonieme skrywer van hierdie psalm het veilig in daardie beloftes gelewe. Dit was nie nodig vir hom om na die Here te hardloop as daar moeilikheid was nie; hy het alreeds in Hom gebly toe moeilikheid gekom het. God het hom nie weggehou van al die moeilikhede nie, maar belowe om by hom te wees te midde daarvan.

Hoe behoort ek te reageer?

Jesus het nooit gemaklike lewens aan sy volgeling belowe in ruil vir 'n lewe wat Hom behaag nie; Hy het eintlik die teenoorgestelde gesê. Deur die eeue heen is Christene as gevolg van hulle geloof in Christus vervolg. Jy ken heel waarskynlik vandag 'n goddelike, getroue gelowige wat aan 'n ernstige siekte of 'n ander tragedie gely het. Ons het egter die belofte dat die Here ons hoor as ons bid (1 Johannes 5:14-15) en by ons is in elke moeilikheid wat ons in die gesig staar (Matteus 28:20). Dit is moontlik om sonder vrees in sy vrede rus te vind met die wete dat niks ons lewe kan aanraak indien die liefdevolle Here dit nie toelaat nie. Is jy vandag in Hom gevestig?

Dag 68Dag 70

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org