Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 67 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter sing van die Here se liefde en getrouheid as gevolg van die verbond wat Hy gevestig het deur die bloedlyn van Dawid. Wie kan met die Here vergelyk word?

Wat beteken dit?

Die agtergrond van hierdie psalm is die Babiloniese ballingskap. Jerusalem lê in puin en haar bose koning is gevange geneem. Tog begin die psalmdigter deur God se liefde en getrouheid te verklaar. God se verbond met Dawid se nageslag het nie afgehang van hulle getrouheid aan Hom nie, maar van sy goddelike geaardheid. Op dieselfde manier was die psalmdigter se geloof nie afhanklik van sy omstandighede nie, maar was in God se karakter geanker. Israel se onmiddellike toekoms was donker, maar hulle was onder die sorg van hulle wonderlike, sterk, kragtige regverdige, en liefdevolle God. Al het dit gevoel of God sy verbond herroep het, het Hy nie. Die uiteindelike vervulling sal die heerskappy van Jesus as Ewige Koning wees.

Hoe behoort ek te reageer?

Emosies is ingewikkeld; binne minute kan ons van uiterste vreugde tot uiterste wanhoop gaan. Wat egter met jou of om jou gebeur, beïnvloed nie God se onveranderlike karakter nie. Kyk weer na Psalm 89; merk die name en kwaliteite van God in hierdie gedeelte. Watter aspek van sy karakter is vandag veral betekenisvol vir jou? Watter naam van Hom moet jy aanroep in die lig van jou huidige situasie? Onthou, jou omstandighede en gevoelens kan wissel, maar nie God se getrouheid nie.

Dag 66Dag 68

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org