Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Psalm 87 prys Jerusalem as stad vir wie God lief is. Die skrywer van Psalm 88 roep uit na God vir bevryding van 'n lewensgevaarlike ellende.
Wat beteken dit?
Hierdie psalms staan in skrille kontras met mekaar. Psalm 87 besing Jerusalem as die middelpunt van die wêreld en die trots van die mense wat daar gebore is. Sommige mense beskou Psalm 88 as die hartseerste van al die psalms. Die laaste vers van elke hoofstuk beeld die kontras uit. Psalm 87 eindig met God as die bron van die psalmdigter se vreugde en Psalm 88 eindig met duisternis as die skrywer se enigste vriend. Dit kom voor of hy vir die grootste gedeelte van sy lewe aan 'n lewensgevaarlike siekte gelei het, waarskynlik melaatsheid. Tog is geloof in die Allerhoogste, wat Jerusalem gevestig het, die onderliggende fondament van sy gebed.
Hoe behoort ek te reageer?
Volgelinge van Christus is nie immuun teen ondenkbare hartseer nie. Lewensgevaarlike siektes, 'n kind wat sterf en langdurige werkloosheid gebeur met gelowiges en nie-gelowiges. Net soos die kontras in vandag se psalms, behoort daar 'n merkbare verskil te wees in hoe 'n Christen lyding hanteer. Het jy 'n fondament van geloof wat jou op jou knieë voor die Here dryf? Kom nou tot stilstand en praat eerlik met God oor enige situasie wat jou oorweldig. Al sien jy net duisternis, kan die Here jou hoop en bron van vreugde wees.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More