Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 65 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

As gevolg van God se vertroosting en oorvloedige liefde, het Dawid God vertrou om hom te hoor, te antwoord, te versterk en te lei. Hy het gevra vir 'n onverdeelde hart vol lofprysing.

Wat beteken dit?

Dis onseker watter vyand Dawid moes konfronteer toe hy hierdie psalm geskryf het, maar dit is duidelik dat die persoonlike aanval hom na God gedryf het. Sy psalm fokus op die Een tot wie hy gebid het, eerder as die mense en omstandighede waaroor hy gebid het. Hy het krag en vertroosting in die Woord van God gevind deur meer as 20 Skrifgedeeltes van ander psalms aan te haal. Hy het meer as verligting van die beproewing begeer; Dawid wou nader aan die Here wees na die beproewing, as wat hy was toe dit begin het.

Hoe behoort ek te reageer?

Watter onverwagte terugslag of onverbiddelike teëspoed staar jou nou in die gesig? Die einste ding wat jou frustreer en slapelose nagte besorg, mag dalk 'n manier wees om 'n hegter verhouding met die Here aan te knoop. Die beproewings van die lewe is geneig om ons foute na die oppervlak te bring omdat dit moeiliker is om hulle te beheer of geheim te hou onder intense druk. Sal jy God toelaat om daardie dinge aan jou uit te wys sodat jy geestelik sterker uit hierdie moeilike tyd kan kom? In plaas daarvan om in woede weg te draai van God, draai eerder na sy Woord vir krag. Merk die gedeeltes wat Hy gebruik, sodat jy, soos Dawid, kan terugkyk en sê: “Here, U het my gehelp en vertroosting gebring.”

Dag 64Dag 66

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org