Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 62 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Asaf sing van hoe God Israel van slawerny in Egipte verlos het. God het beveel dat hulle geen ander god aanbid nie, maar hulle wou nie aan Hom onderdanig wees nie.

Wat beteken dit?

Asaf nooi Israel uit om in Jerusalem bymekaar te kom vir 'n fees en om die Here se goedheid teenoor hulle in die verlede te vier. Die gevolge van hulle ongehoorsaamheid het baie vinnig die vreugde van herinnering oorskadu, van hoe Hy hulle voorvaders uit Egipte gered het. God het toegelaat dat hulle hul eie pad volg toe hulle nie wou luister nie. Die gevolg was dat hulle nie onder sy seën en beskerming kon leef nie. Die fees was 'n tyd van nadenke. Israel moes ongelukkig met spyt terugkyk, maar God se getrouheid het geen einde nie. Hy wil nog steeds vir Israel seën en vir hulle oorwinning gee – as hulle maar net na Hom sal luister en gehoorsaam wees.

Hoe behoort ek te reageer?

Dis nie altyd die maklikste pad om God se will te volg nie, maar dis altyd die regte een. Aan die begin sal jy dalk nie kan sien hoe Hy enigsins daardie pad ten goede kan aanwend nie. Om jou eie pad te volg gaan egter net tot spyt lei en om met spyt te leef is aaklig. Het jy geleenthede gemis toe God jou wou seën en beskerm, omdat jy hardnekkig geweier het om Hom te gehoorsaam? Op watter terrein in jou lewe loop jy gevaar om dit weer te doen? Besluit om vandag met 'n bewustheid van God se teenwoordigheid en leiding te leef. Kyk sonder spyt terug na hierdie dag.

Dag 61Dag 63

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org