Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 61 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Asaf het by God gepleit om genadig te wees en Israel te vergewe to eer van sy Naam. Hy het vir die Here gevra om terug te keer na sy mense sodat hulle verkwik en herstel kon word.

Wat beteken dit?

Psalm 79 is elke lente tydens Paasfees gesing en Psalm 80 is in die herfs tydens die fees van die Tabernakels gesing. Albei psalms vertel van die verwoesting van Jerusalem en die besoedeling van die Here se tempel – waarskynlik met verwysing na die Babiloniese inval en gevangeneming van God se mense. Hierdie psalms het as jaarlikse herinnerings gedien dat God nie toelaat dat sonde ongesiens gebeur nie; dit het verwoestende gevolge vir hulle land, mense en aanbidding. Uiteindelik sou Israel se herstel deur 'n man kom wat God opgerig het – die Messias, Jesus Christus. Net Hy kan hulle red wat sy Naam aanroep.

Hoe behoort ek te reageer?

Ons het sonde as iets nietigs afgemaak, soveel so dat dit moeilik is om die verwoesting raak te sien wat dit nasionaal en persoonlik veroorsaak het. Flieks en televisieprogramme verheerlik wat God veroordeel en laat dit selfs amusant lyk. Sonde is egter nie onbenullig nie. Die sondes van die wêreld het Jesus sy lewe gekos. Stop nou dadelik wat jy doen en dink 'n oomblik na oor watter impak vandag se leesstuk op jou lewe behoort te hê. Is jou gewete in so 'n mate gesus dat sekere sondes as sosiaal aanvaarbaar beskou word? Onthou, as die Satan jou daaroor kan laat lag, kan hy dit regkry dat jy daarmee saamleef. Sal jy vandag vir persoonlike en nasionale herlewing bid?

Dag 60Dag 62

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org