Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 58 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Asaf betreur die droewige toestand waarin Jerusalem hom bevind. Hy onthou God se vorige dade en doen 'n beroep op Hom om sy mense te red.

Wat beteken dit?

Asaf was verwilderd. Jerusalem was aangeval en die tempel vernietig. Dit het gelyk asof God sy eie mense verwerp het. Hy het nie meer vriendelik met hulle gepraat as hulle Herder nie, maar het die wrede optrede van die vyand toegelaat as veroordeling van hulle sonde. Nogtans het Asaf op God vertrou. Hy was vol vertroue dat die Here hulle vyande kon en sou omverwerp. God het al die gesag. Hy regeer oor die natuur, dus is Hy beslis in staat om sy mense te red. Asaf het vir God gevra om sy belofte aan Israel te onthou. Aangesien God die sonde van sy eie mense geoordeel het, sou Hy sekerlik die boosheid van hulle vyande straf.

Hoe behoort ek te reageer?

Ons dink gewoonlik aan God as 'n vriendelike vader en sagmoedige herder, maar ons hou nie daarvan om herinner te word dat Hy ook 'n regter is nie. God is die uiterste gesag. Hy sal alle mense verantwoordelik hou vir hulle dade teenoor Hom en ander mense. Vandag se gedeelte gee vir ons insig in die woorde van Hebreërs 10:31: “Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.” Alhoewel daardie woorde vreesaanjaend kan wees, moet ons onthou dat God se oordeel met genade gepaardgaan. As ons aan God se genade dink, vind ons 'n God wat ons sonde en tekortkominge hanteer het deur sy eie Seun as 'n offer in ons plek te gee. Eendag sal God die boosheid van die wêreld oordeel, maar as jy sy geskenk van verlossing ontvang het, hoef jy nie vir Hom as jou regter bang te wees nie. Jy kan God sien as jou liefdevolle hemelse Vader en sy Seun as jou sagmoedige Herder.

Dag 57Dag 59

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org