Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 56 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die koning sal die volk oordeel, die magteloses beskerm, die nasie regeer, die behoeftiges verlos en die onderdruktes red. Sy Naam sal vir ewig duur en Hy sal al die nasies seën.

Wat beteken dit?

Daar word gedink dat Dawid hierdie psalm geskryf het as 'n gebed vir Salomo, Israel se toekomstige koning. Hy het vir God gevra om sy seun en die koninkryk met goddelike regverdigheid en geregtigheid te seën. Die karaktertrekke in Dawid se gebed beskryf 'n deernisvolle heerser wat sekuriteit en vooruitgang na die koninkryk en die hele wêreld bring. So 'n heerskappy en koninkryk sou die Here eer en prys aan God tot gevolg hê. Al het Salomo wys en ryk geword, kon hy nooit kers vashou by die ideale leier wat in sy pa se gebed beskryf word nie. Net Dawid se belangriker Seun, Jesus, sal hierdie profesie vervul van God se aangewese, regverdige koning. Tydens Jesus se eerste koms het hy vir die armes, die behoeftiges en die onderdruktes gesorg. Hy sal terugkeer om sy volgelinge kragtig te verlos en die aarde te regeer. Alle mense in elke nasies sal sy glorieryke Naam prys.

Hoe behoort ek te reageer?

Hoe het jy die deernis van God ervaar? Het Hy genade aan jou bewys toe jy in die nood was of jou verdedig toe jy swak was? Jesus kom na ons toe met goedheid en deernis. Hy is in staat om te red en ondersteuning te bied. Indien jy sy genade ontvang het moet jy dit ook betoon. Min mense sal 'n vriendelike daad van die hand wys. Hoe kan jy hierdie week iemand help? Ons moet doen wat ons kan. Vind vandag rus in die geregtigheid van ons koning en deel sy genade en deernis met iemand anders.

Dag 55Dag 57

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org