PSALMS 67:1-7

PSALMS 67:1-7 AFR83

Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies. Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 67:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid