Psalms 67:1-7

Psalms 67:1-7 AFR20

Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy die lig van sy aangesig by ons laat skyn. •Sela Mag U pad op die aarde bekend wees, u verlossing onder al die nasies. Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys. Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei. Sela Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys. Die aarde het sy opbrengs gelewer. Mag God, ons God, ons seën.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 67:1-7