Psalms 67

67
1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.
2 Mag God ons genadig wees
en ons seën;
mag Hy die lig van sy aangesig
by ons laat skyn. •Sela
3 Mag U pad op die aarde bekend wees,
u verlossing onder al die nasies.
4Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
5Mag nasies bly wees en jubel,
want U oordeel volke billik;
en nasies, mag U hulle
op die aarde lei. Sela
6Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
7Die aarde het sy opbrengs gelewer.
Mag God, ons God, ons seën.
8Mag God ons seën,
sodat al die uithoeke van die aarde
vir Hom ontsag sal hê.

Tans Gekies:

Psalms 67: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan