Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter verhoog God as 'n magtige oorwinnaar wat sy mense in die geveg beskerm en verlos het en hulle na 'n oorwinning oor hulle vyande gelei het. Hy is waardig om geprys te word.
Wat beteken dit?
Hierdie psalm vier God se getrouheid aan sy mense en ondersoek sy oorwinnings oor Israel se vyande in die verlede. Die profetiese natuur van hierdie hoofstuk kyk ook vorentoe na die duisend jaar wanneer Christus sy gesag oor die hele wêreld sal vertoon. Jesus, die enigste een wat waardig is om geprys te word, sal as die koning erken word, wat verlossing en redding vir sy mense gebring het. 'n Oorwinningsoptog van gelowiges sal die Here met ontsag en voortdurende lofprysing en gehoorsaamheid aanbid.
Hoe behoort ek te reageer?
Die lewe voel soms soos 'n oorlog waar omstandighede en mense teen ons veg. Onthou net, al erken die huidige wêreld nie Christus as koning nie, is God in beheer. Ons, sy mense, behoort Hom te aanbid vir wie Hy is en sy voortdurende gesag in alle omstandighede. Wanneer die lewe jou 'n skuinsklap gee, gaan na die koning toe wat oor alle omstandighede regeer. Hy word nie van balans af gebring nie. Die stryd wat jy vandag in die gesig staar is geleenthede vir God om sy gesag te toon. Kies om op God en sy voorsiening te fokus. Laat toe dat sy vermoëns en krag jou vertroue gee en jou na oorwinnende aanbidding lei.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding
